AIRSHOW 2025


KAAPSTAD, Januarie 2025

Die langverwagte Weskus Lugskou is terug! Merk julle kalenders vir 21-22 Maart 2025 by Saldanha/Vredenburg Lugveld. Hierdie skouspelagtige geleentheid beloof opwindende lugvertonings en baie vermaak vir lugvaart-entoesiaste, avontuursoekers, en besoekers van alle ouderdomme.

“Ons is verheug om die Weskus Lugskou in 2025 terug te bring,” sê Dr. Clive Coetzee, organiseerder van die lugskou. “Hierdie jaar verwelkom ons die dinamiese Marksmen Aerobatic Team, die Impala Vegvliegtuig, n T-51D Mustang en ’n reeks onvergeetlike lugvertonings en verskeidenheid aktiwiteite wat plaasvind teen die pragtige landskap van die Weskus. Dit is ’n moet-bywoon-geleentheid vir lugvaart entoesiaste en diegene wat van adrenalienbelaaide avonture hou.”

Brian Emmenis, die lugskou-kommentator vir 2025, het bygevoeg: “As jy soek na adrenalien-gejaagde aksie en ’n ongelooflike wegbreek langnaweek, het hierdie skouspel alles!”

As strategiese vennote, is die Weskus Lugskou trots om WESGRO (Bestemming Bemarkingsvennoot) en die Departement van Toerisme aan boord te hê, wat help om die pragtige Weskus streek te bemark en die lugskou as ’n groot gebeurtenis in die gebied te vestig. “Ons is trots om saam te werk met die Weskus Lugskou, ’n vooraanstaande geleentheid wat beide die natuurlike skoonheid en dinamiese kultuur van hierdie merkwaardige streek ten toon stel. Geleenthede soos hierdie is sleutel drywers van toerisme, wat besoekers van heinde en verre lok. Dit dra ook aansienlik by tot plaaslike ekonomiese groei deur werksgeleenthede te skep, klein ondernemings te ondersteun, en die sigbaarheid van die streek te bevorder,” sê Wrenelle Stander, HUB van Wesgro.

Wat om te Verwag in 2025

Om ‘n beter kans op gunstige weersomstandighede te verseker, is die lugskou van Oktober na Maart geskuif, Kaapstad se gewildste maand vir buitelug aktiwiteite.

  • Vrydag, 21 Maart: Opbougeleentheid vir lugskou. Hekke open om 12:00. Geniet die valideringsvlugte vir die hoofgebeurtenis die volgende dag. Aktiwiteite sluit in ’n Potjiekos Kompetisie, n pretpark vir kinders, biertuin, ‘n hommeltuig vliegpark, en 4×4 demonstrasies. Moet ook nie die afstandbeheer Vliegtuie misloop nie.
  • Saterdag, 22 Maart: Hekke open om 6:00 vm. Die hoofgebeurtenis wat om 9:00 vm begin, bied meer as 20 asemrowende lugvertonings, insluitend vinnige straalvliegtuie, solo en spanvlugte, sweeftuie, helikopters, valskermspring, hommeltuigwedrenne, Vloot presisie-dril oefeninge, en Redding & CASEVAC demonstrasies. Tydens middagete kan besoekers die kans geniet om hul gunsteling vlieëniers te ontmoet en hul brullende vliegmasjiene van naby te verken.
  • Besoekers kan ’n wye verskeidenheid kos- en kunsvlytstalletjies, uitstallers, ’n pretpark vir kinders, ’n bier- en gin-tuin, ’n 4×4 demonstrasiebaan, hommeltuig vliegpark en nog baie meer op albei dae geniet. Selfkamp en glans-kamp opsies is beskikbaar by die geleentheid vir ’n volle langnaweek ervaring op die Weskus.

Beplan Vooruit!

Dit is nou die perfekte tyd om vir hierdie opwindende naweek te begin beplan. Lugsou kaartjies is ook uitstekende geskenke vir alle lugvaartliefhebbers. Volgens aerobatiese vertoningsvlieënier Nico le Roux is dit “een van die mooiste landskappe om my vertoning te gee.” Nog ’n vlieënier, Ivan van der Schaar, het bygevoeg dat die Weskus Lugskou “Een van die mees genotvolste lugskoue ooit is!”

Pryse

“Ons het kaartjiepryse verlaag om die geleentheid meer toeganklik te maak,” sê Dr. Clive Coetzee. “Daarbenewens bied ons ‘n beperkte aantal ‘early bird’ kaartjies teen selfs laer pryse tot 31 Januarie aan, wat dit moontlik maak vir enigeen om hierdie lugskouspel te beleef! Dit is ’n fantastiese geleentheid om ’n onvergeetlike gebeurtenis teen ’n onoortreflike waarde te ondervind.”

Moet nie hierdie geleentheid misloop om die enigste lugskou wat in 2025 in die Wes-Kaap gehou word, by te woon nie. Kyk uit vir ons verskeie geleenthede om pryse en kaartjies te wen gedurende die volgende paar maande. Besoek www.westcoastairshow.co.za en teken in op ons nuusbrief om op hoogte te bly. Kaartjies is beskibaar by www.weskustickets.co.za. Volg ons op sosiale media @WestCoastSaldanhaBayAirShow en @wcoastairshow vir die jongste nuus en aankondigings.

Verken die Weskus saam met ons aanlyn mediavennoot, Cape Town Magazine, en Weskus Jou Lekker Ding en maak die meeste van jou opwindende wegbreek.